Sunday, December 27, 2009

totsiens noord-kaap!

ons het vroeg vanoggend in die pad geval met die wete dat dit ons 'n hele paar km's het om op te maak vandag. Ek was aangenaam verras om te sien hoe keimoes ontwikkel het van ek laas hier gery het! ons het nogals tuis gevoel tussen plase soos Die Akker, Vergelegen, Klein genot en Soverby! die druiwe plase le soos klein oases tussen die dorre klipkoppies en rooi kalahari sand. dis nou maar een ding van om 'n 125cc bike te ry - jy mis niks want teen  70km per uur kan jy lekker rondkyk! na 'n wimpy brekfis in upington neem ons afskeid v d noord-kaap met 'n bietjie heimwee. behalwe dat dit moer warm hier is laaik ek die mense en die landskap! teen half 3 stop ons in kuruman vi ete, ons is gesmelt.. en skep asem vir die laaste 150km vryburg toe. ons bly op 'n interessante plek vanaand, hier is 'n mak emo, eland, meerkat en rooikat! ook natuurlik 'n lekker sagte bed, zzzzzzz.. (Tania).

1 comment:

  1. Haai Julle! So lekker hierdie blogs. Voel of ons saam met julle so om die land ry! Baie bly julle het die stretch Upington-Olifantshoek oorleef. Kappitflou!

    ReplyDelete